a1b2c9d3e5f3

Tielman Francois Breedt 

Volgens die stamboom in die Breed(t) - familiehoek, was C9 as jongste broer die 7de stamboomlyn se stamvader, en as jongste is dit te verwagting dat hul tak se groei laer moes wees, maar rampe wat hulle getref het, het dit nog verder verlaag. C9 en gade met 'n klein seuntjie en dogterkie is met die Potgieter trek saam en optrek is sy vrou ongelukkig met masels oorlede, en daarna trou hy toe met 'n Potgieter dogter wie se man weer by Vegkop gesneuwel het. Ongelukkig sterf sy gou voor hulle nasate gehad het, en trou hy vir 'n derde keer met Cicilia Roos wat ook saam getrek het. Hulle beweeg toe saam verder saam met die trek, van Potchefstroom na Rustenburg, waar hulle tydelik gebly het, maar trek toe verder tot by nuwe voortrekker dorpie, Schoemansdal, aan die Soutpandsberg. Daar sterf C9 ongelukkig voortydig en laat sy vrou met vyf klein kinders agter. Sy verskuif toe maar terug na haar familie by Rustenburg waar die vyf kinders saam gedoop is. Kort daarna sterf sy ook, en die vyf kinders word blykbaar aangeneem deur families daar. Ons weet tans nog nie wat van die ander kinders geword het nie, maar net die oudste titelman, Francois, wat duidelik deur sy Peet pa die bekende Tielman Roos, aangeneem en grootgemaak is. Hy het met sy gade hulle in die klerksdorp distrik gevestig, en hulle vorm die vierde geslag voorouers want die oudste seun C9-D1 was ook drie keer getroud maar het not tans nie eie kinders gehad nie. Hule het nege kinders gehad waarvan twee seuns tydens die bore oorlog sterf, en bly daar net vyf seuns met 'n Breedt nageslag oor. gelukkig het hierdie klein tak goeie gene gehad, want seun C9-D3 het self die oorlogsjare se ontbeurings deurgemaak en nogtans 90 jare gehaal, en vier van sy vyf seuns as die vyfde geslag broers was almal nie veel ouer as 90 jaar, ten spyte daarvan dat hulle ook almal die moeilike oorslogsjare moes deurmaak.

 

Ons kyk nou na een familie groep, E-5 en gade, wat buite Rustenburg teen die Magaliesberg in plaas Modderfontein koop, en uit niks begin ontwikkel het tot die pragtigste lemoenboorde. Later het hulle seun F3 Tielman Francois en sy gade Andriana die boerdery oorgeneem en verder uitgebry. Hulle moes baie hard werk en vir Kapitaal uitbryding nog 'n tabbak boerfery aanpak, waar huller snags die tabbak oonde moes oppas. Hulle het 'n vloereerende boerdery en nog 'n groot kwekery ook ontwikkel en bedryf. Hoe hulle dit alles kon bybring weet nugter. Sy vrou het hom reeds ontval, maar hy is tans as 92 jarige die oudste van die C9 tak. Hy self was 'n goeie skut, maar het nie veel tyd daaran kon wy nie. Maar sy seun, Philipus Petrus, het oorgeneem en as Springbok skud (groot Kaliber) oorsee presteer, en nou is sy seun weer met die ander familienaam Tielman weer tans 'n staatmaker in ons Springbok skietspan oorsee. Hulle familie hou nou diumvas dat sy tweeling seuns hierdie tradisie van skietkuns in die familie sal voortsit. Hier is die foto van die viergeslagte van F3 met sy kleinseun en twee agterkleinseuns.


g1 Philipus Petrus BREEDT.
 

Terug