Monica Breed

Monica begin by die SAUK in die veertigerjare lank voor TV , doen verskeie take omdat die staf so klein was, vertrek kort daarna saam met Anna Neethling Pohl ea na England en Wes Eur., om daar in die ou stamlande  afrikaanse radioprogramme, te gaan vervaardig en uit te saai wat 'n groot sukses was  en baanbrekerswerk, lê ook klem op die bevordering van sang musiek en die kunste - programme was baie gewild.

Sy keer eers in die sestigerjare weer terug, met standplaas in Durban waar hulle die eerste radioprogramme moet maak en aanbied, en weer met die klein staf verskeie take moes hanteer, behalwe natuurlik omroeperswerk.
Daarna verskuif sy na die klankargief in Jhb waar hulle weer pionierswerk moes kom doen, want van hierdie groot afdeling was daar feitlik nog niks - dus baanbrekerswerk waarvoor sy ea werklik erkenning moes gekry het, maar dit was voor die dae vd die ATKV en dergelike liggame wat erkenning en eer aan  hulle vir die puik werk aan al die fasette van die uitsaaiwese  kon gee, maar sy was bekend en bemind onder die luisteraars, soos so baie van die groot geeste van daardie dekades vandag nog is.

Monica tree in die tagtigerjare af na 'n beroemde loopbaan  van 33 jaar, maar gaan nog steeds met vryskutwerk voort. Ongelukkig het sy weens 'n sigprobleem dit ook later moes staak.Sy woon tans in 'n aftree-oord in Pretoria.
Monica sê dat sy wel erkennings gekry het vir haar werk, maar nou nie vandag se soort nie. sê sy het nog deeltyds werk vir hulle gedoen totin negetigerjare!

Sy is 'n wonderlike pionier vir die taal, vir kunste en kultuur. Ons dank en eer haar vir die geweldige groot  werk op die terrein van Afrikaanse kunste en kultuur, en wens haar alle geluk en  voorspoed toe. 

Kobus Breedt