a1

Jacob Breed(t) a. Amsterdam 1742

x 11/4/1762 Maria Striegel 3k

a1b1

Anna Jacoba Margaretha - 5/2/1764

x Pieter Van Zyl

a1b2

Johannes Augustus - 1/3/1767

x 1/3/1789 Johanna Maria Venter 12k

a1b3

Jacobus Coenraad - 5/3/1769 + 10/6/1844

x 2/7/1789 Suzanna Knoetzen (w)

xx 4/1/1829 Catharina Margaretha Carelse (w)

 

Stamvader Jacob, afkomstig van Edam, 'n ou hawestad net noord van Amsterdam arriveer 1742 in die Kaap as amptenaar van die destydse VOC Kompanie. Sy familie in Edam was skynbaar  gesiene mense wat 'n merkbare bydrae tot die openbare lewe daar gelewer het - So was sy oupa en oupagrootjie benewens vele ampte wat hulle beklee het ook albei burgemeester van die stad Edam, en sy grootjie is verder vereer vir sy dienste, deurdat sy naam JJBreet met sy huismerk in die gebrandskilderde venster in die Grote Kerk van Edam aangebring is, en hy en sy familie is in die Grote Kerk begrawe( maar sy naam op sy graf is JJBreed gespel!). Die Grote Kerk is in 1602 tydens 'n brand  byna verwoes en toe haastig weer opgebou, lyk dus van buite onindrukwekkend, maar is nog die grootste ou kerk in Nederland. Edam is vandag klein teenoor ander stede soos Amsterdam, net bekend vir sy kase, maar het sy stadstatus vanwee sy geskiedenis  behou.

 

Jacob is toe hier aan die Kaap as amptenaar v/d VOC saam met 'n reisgeselskap, een van vele wat die binneland gaan verken het, met die enigste gangbare roete deur die sandveld van die weskus op - die enigste probleem hier was 'n waterskaarste, en so land hulle aan by die derde waterbron langs die roete, nl by die grot en fontein op die plaas van Jacob Cloete, gesiene boer en groot grondbesitter van destyds. Die Heerenlogementgrot is miskien humoristies so genoem, omdat die grot hoër op teen die rant skuilte en 'n goeie uitsig gebied het en aldus so deur die trekleiers gebruik is, terwyl die res v/d trekgeselskap onder by die fontein by die trekdiere moes bly!  Hier het baie bekende mense toe al hulle name op die rotswand aangebring, en hier beitel Jacob ook sy inskripsie uit: JACOB BREEDT - 1747 DEN 25 OCTOBER BIN IK GEKOMEN ALBIJ DE HEER JACOB CLOETE - sy inskripsie het van historiese waarde geword, want dis die enigste wat aangedui het aan wie die plaas behoort het. Cloete het skynbaar 'n dringende behoefte aan 'n onderwyser vir sy mense gehad, hy vind uit Breedt was geleerd, vra hom om te bly, en net daar sien hy dit skynbaar as sy roeping.

Breedt bly daar agter, en vir meer as 3 dekades bly hy as onderwyser vir die Cloetes se mense, tot sy aftrede - volgens PL Schotz is baie VOC amptenare weens die skaarste aan onderwysers aan die Kaap so "uitgeleen" deur die VOC. Jacob se dienskontrak is later soos vereis, formeel met Hendrik Cloete, seun van Jacob Cloete opgestel en jaarliks hernu - LW hier en orals hierna teken Jacob sy van as Breedt met 'n dt - miskien 'n samevatting van die 2 spellings van sy grootjie se van in die Grote Kerk? Dit lyk dus of hy 'n nuwe unieke  spelling van die van hier ingestel het want as onderwyser het hy tog seker geweet hoe om te spel! Elk geval, die drie spelvariante met 'n d en t en dt aan die end kom vandag nog hier onder die familie voor, waarskynlik te wyte aan spelfoute in registers sowel as die gebrekkige spel- en taalvermoëns van destyds. Hoe hulle dus ook die van spel, en hoe sterk hulle ookal daaroor voel, dis bewys dat ons almal afstammelinge van hierdie een stamvader Jacob Breedt is.

 

Jacob het dus daar  by die Heerenlogement noord van die huidige Graafwater bly onderwys gee tot sy aftrede in 1773, toe Cloete aan hom die leenplaas Zeekoevallei daar naby oorgemaak het. Daar het hy as vryburger gaan boer, maar slegs vir 2 jaar tot sy dood - ons het afskrifte van sy dienskontrak en sy testament wat op sy sterfbed opgestel is, en uit al sy aksies blyk dat hy 'n baie deeglike mens noes gewees het wat alles vir sy medemens en sy gesin feil moes gehad het. Ongelukkig is hy laat, eers in 1762 getroud met Maria Striegel, dogter van 'n Duitse immigrant Coenraad Striegel, en hulle het toe net 3 kinders gehad.

 

Terug