a1b2

Johannes Augustus - 1/3/1767

x 1/3/1789 Johanna Maria Venter 12k

 

c1 Jacob - 27/2/1791

c2 Johannes Augustinus - 14/5/1793

c3 Anna Maria - 14/5/1793 in Graaff-Reinet. Getroud met Hercules Philippus MALAN op 5 Des 1813 in Graaff-Reinet.Hulle het 4 kinders gehad.+1882 in Kroonstad distrik.  As ousus het sy 'n groot rol in die lewens van die hele familie bly speel.

c4 Petrus Gerhardus * 6/6/1795

c5 Gerhardus Christiaan * 11/7/1797

c6 Willem Sterrenberg - 27/12/1799

c7 David * 16/1/1801

c8 Hendrik - 30/9/1804

c9 Jacobus van den Berg - 30/9/1804

c10 Martha Magdalena - 7/2/1807 in Graaff-Reinet. Getroud met Johannes Francois CILLIERS in 1824.

c11 Susanna Petronella * 23/7/1809 -26/12/1809 in Graaff-Reinet. Getroud met Gerhardus Jacobus SWART

c12 Hester Johanna Catharina * 6/2/1811 -7/2/1811 in Graaff-Reinet.

- Doop Datum                    * Geboorte Datum                    + Sterf datum

Jacob en Maria Breedt het drie kinders gehad - oudste b1 Anna Margeretha is met Pieter van Zyl getroud, en die jongste b3 met 'n weduwee en dus geen Breedtkinders hier nie, dus net hul b2 Johannes Augustus. getroud met Johanna Maria Venter was toe die enigste tweedegeslag-voorouers. Hulle het wel 12 kinders gehad, maar net 7 seuns met 'n Breedt-nageslag. B2-hulle as veeboere het later na die oosgrens verskuif, en daar saam met hul kinders op leenplase geboer, waar  'n hegte verband met die gemeenskap daar ontwikkel het.
Gevolglik, toe die Groot Trek in 1834 begin, is hierdie familie almal saam, maar dit lyk of b2-hulle daar oorlede is, want hulle word nie in die trekke genoem nie.

Terloops, Preller meld in sy Voortrekkermense dat die trek die gevolg was van veeverliese en strooptogte deur swartes vanoor die Visriviergrens asook die owerheid se swak politieke beleid, maar andersyds ook weens die drang  na 'n onbelemmerde eie volksontwikkeling was, wat posgevat het - die alternatief was opstand, en daarvoor het hulle as Godvresende vredeliewende mense nie kans gesien nie - dit blyk ook veral uit die beroemde manifes van Piet Retief wat hy op die vooraand van die trek wereldkundig gemaak het. Geen wonder dat die lewe, strewe en dood van hom en sy makkers so 'n rol gespeel het in die ontwaking van 'n volkstrots in die daaropvolgende geskiedenis van die Afrikaners nie.(Twee van die 7 Breedt-broers, nl c2 en c4 met lg se seun d4 en die swaer, c3 se man, is saam met Retief deur Dingaan en sy impi's vermoor, na die verkryging van die stuk grond wat hulle kom koop het - die verlies van die 4 uit 'n relatief- klein familie voorwaar 'n swaar slag vir die hele familie gewees!

 

Terug